Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
266 Episodes
180 – 200

Ontdekking van goud

Dink hoe vaal sou die wêreld sonder goud wees! ʼn Mens kan nie aan juweliersware, medaljes, trofeë en ander versierings dink sonder om aan goud te dink nie. Hoewel goud reeds in die tyd voor Christus ontdek en gebruik is, is dié waardevolle en kosbare metaal eers in die 19de…
5 Mar 2024 24 min

Noordwes

Noordwes is ʼn streek met mielielande wat in goeie somers van horison tot horison strek.
5 Mar 2024 10 min

Noord-Kaap

Die Noord-Kaap is die grootste provinsie in Suid-Afrika, maar dit het die minste inwoners. Dorpe is ver uitmekaar en baie kinders wat op plase en piepklein dorpies woon, was nog nooit in ʼn stad nie.
5 Mar 2024 17 min

Nelson Mandela

Nelson Rolihlahla Mandela was Suid-Afrika se eerste swart president en word as die “vader van demokrasie” in Suid-Afrika beskou omdat hy vir vrede en regverdigheid geveg het, asook vreedsaam onderhandel het vir die beëindiging van apartheid in Suid-Afrika.
5 Mar 2024 9 min

Natuurlike hulpbronne

Natuurlike hulpbronne is materiaal of stowwe wat natuurlik voorkom. Hierdie stowwe is in ʼn onverwerkte, natuurlike vorm en op daardie manier waardevol vir menslike gebruik.
5 Mar 2024 10 min

Nasionale Vrouemonument

Die Nasionale Vrouemonument is in 1913 in die suide van Bloemfontein in die Vrystaat opgerig, ter nagedagtenis aan die vroue en kinders wat van 1899 tot 1902 tydens die Anglo-Boereoorlog in konsentrasiekampe gesterf het.
5 Mar 2024 8 min

Mpumalanga

Mpumalanga is die tweede kleinste van Suid-Afrika se nege provinsies en is in die noordoostelike deel van die land geleë – voorheen bekend as Oos-Transvaal.
5 Mar 2024 19 min

Mozart

Wolfgang Amadeus Mozart (1756-1791) word gereken as een van die beste klassieke komponiste wat die wêreld nóg gesien het.
5 Mar 2024 11 min

MIV/Vigs

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is menslike immuniteitsgebreksvirus of MIV (HIV in Engels) ’n baie ernstige siekte waaraan meer as 40 miljoen mense al dood is.
5 Mar 2024 7 min

Mikroörganismes

Mikroörganismes is lewende organismes wat te klein is om met die blote oog te sien en word gewoonlik met ’n mikroskoop bekyk. Bakterieë, virusse, fungi (of swamme), alge en protista is voorbeelde van mikroörganismes.
5 Mar 2024 11 min

Medisyne

Ons ken medisyne as pille, stroop, inspuitings en binneaarse vloeistof (intraveneuse terapie of drup), asook salf en medisinale olies. Om te ontwikkel tot die verwerkte vorm van medisyne wat ons vandag gebruik, het medisyne ’n lang pad gestap vanaf ’n natuurlike vorm – meestal plante of kruie.
5 Mar 2024 17 min

Inkomstes en uitgawes

Jy kry gewoonlik sakgeld (wat dalk volgens jou hopeloos te min is). Dit is jou inkomste per maand. Uitgawes is weer die geld wat jy uitgee. Wat koop jy met jou sakgeld?
5 Mar 2024 11 min

Improvisasie

Improvisasie is die kuns of handeling om te improviseer, of om enigiets te komponeer, uit te spreek, uit te voer of te verwerk sonder vooraf voorbereiding
5 Mar 2024 9 min

Emosies

Voel jy partykeer hartseer as jy ʼn mooi fliek kyk; raak jy kwaad as jou maats met mekaar baklei; het jy ʼn troeteldier waarvoor jy baie lief is? Die verskillende gevoelens wat jy ervaar, noem ʼn mens emosies.
5 Mar 2024 11 min

Die Uniegebou

As die Uniegebou in Pretoria kon praat, sou dié gebou wat al meer as ‘n eeu oud is, seker nooit ophou gesels nie! Die gebou het ’n pragtige uitsig oor die stad Pretoria en is die amptelike setel van Suid-Afrika se regering.
5 Mar 2024 9 min

Die geskiendeis van Johannesburg

Dorpe en stede word om baie verskillende redes gestig. Dikwels is dit een of ander belangrike ontdekking wat veroorsaak dat ’n dorp of stad gestig word. Kom ons kyk hoe dit met Johannesburg gebeur het en hoe dit van ’n dorp tot Suid-Afrika se grootste stad ontwikkel het
5 Mar 2024 12 min

Die geskiedenis van Pretoria

Wanneer mens vandag na Pretoria kyk en jou vaskyk in teerstrate en groot geboue so ver as wat die oog kan sien, is dit moeilik om jou te kan verbeel hoe dit gelyk het voor daar mense hier gebly het. Dit was ’n lushof van berge, heuwels, bome, strome en…
5 Mar 2024 26 min

Biodiversiteit

Biodiversiteit is ’n term vir die groot verskeidenheid van lewe op aarde asook vir die prosesse wat alles aan die lewe hou. Dit word gesien as die diversiteit ten opsigte van lewende organismes en die verskillende ekosisteme waarin hulle voorkom en in interaksie met mekaar verkeer.
5 Mar 2024 9 min

Wie was die Voortrekkers?

Dalk is jy lid van die Voortrekkers, ’n kultuurbeweging spesiaal vir die Afrikaanssprekende jeug. Maar voordat hierdie beweging in 1931 gestig is, was daar die Groot Trek wat teen die einde van 1835 begin het. Die mense van die Groot Trek het as die Voortrekkers bekendgestaan.
5 Mar 2024 46 min

Wes-Kaap

Die Wes-Kaap is die mees suidelike provinsie en die vierde grootste van die nege provinsies in Suid-Afrika. Die twee grootste stede is George en Kaapstad. Kaapstad staan ook bekend as die Moederstad.
5 Mar 2024 6 min
180 – 200