Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
266 Episodes
160 – 180

Gas (materie)

Gas is materie in ’n lugagtige toestand sonder ’n bepaalde vorm of volume. Dit het dus nie ’n vaste vorm nie en sal versprei in die ruimte waarin dit is, soos byvoorbeeld die suurstof wat ons inasem. Materiale is oral om ons en bestaan in drie vorme: vaste stowwe, vloeistowwe…
12 Nov 2024 7 min

Drama-elemente

Die woord drama kom van die Griekse woord dran wat beteken "om te doen/om te speel". ʼn Drama word geskryf om deur akteurs opgevoer te word, maar kan ook gelees word. ʼn Drama kan ʼn kombinasie wees van poësie, vertellings, dialoë en danse om ʼn boodskap aan die gehoor oor…
11 Nov 2024 8 min

Die teleskoop

Die heel eerste teleskope is deur handelaars op die see en deur weermagte gebruik. Oor die afgelope 400 jaar was daar enorme vooruitgang in die ontwikkeling van dié tegnologie, maar alle teleskope het twee dinge gemeen: hulle het die vermoë om lig te versamel en om voorwerpe te vergroot.
11 Nov 2024 8 min

Beweging

Beweging is die verandering van plek of stand. Beweging vind plaas wanneer kragte wat nie ewe groot of sterk is nie (ongebalanseerde kragte), teenoor mekaar te staan kom. Gebalanseerde kragte veroorsaak nie ʼn verandering in beweging nie. Indien alle kragte gebalanseerd was, sou ons asook al die voorwerpe om ons,…
11 Nov 2024 7 min

Asteroïede

Anders as wat ʼn mens sou dink, is asteroïede nie rond nie, maar verskillende vorms en groottes. Sommige is kilometers groot, terwyl ander so klein soos spoelklippies is. Party asteroïede is bloot ʼn hoop rommel wat deur swaartekrag bymekaar gehou word.
11 Nov 2024 6 min

Hindoeïsme

Hindoeïsme is een van die wêreld se oudste godsdienste. Party bronne noem dit die oudste. Sekere tradisies van hierdie geloof is meer as 3 000 jaar oud.
6 Jun 2024 17 min

Swaartekrag

Op die aarde waar ons woon, het álles ’n gewig. Dié “gewig” is in werklikheid ’n afwaartse beweging wat deur die aarde se aantrekkingskrag veroorsaak word – ons noem dit swaartekrag.
5 Mar 2024 14 min

Sure, basisse en neutrale stowwe

Het jy al ooit gewonder waarom alles wat ons eet en drink verskillend proe of smaak? Van suikersoet tot asynsuur. Dit het alles met ons tong te doen!
5 Mar 2024 12 min

Suid-Afrika

Suid-Afrika is op die suidpunt van die vasteland of kontinent Afrika. Die weskus is aan die Atlantiese Oseaan en die suid- en ooskus aan die Indiese Oseaan geleë.
5 Mar 2024 10 min

Stroombaan

Stel jouself ʼn wêreld sonder elektrisiteit voor – huiswerk doen by kerslig, water op ʼn vuur kook om te kan bad, geen televisie, rekenaars, selfone of speletjies nie! Pikdonkerte en koue totdat die son weer sy kop oplig om lig en hitte aan die wêreld te verskaf.
5 Mar 2024 10 min

Strokiesprente

Strokiesprente word beskou as visuele of grafiese tekste, dit wil sê tekste wat visuele elemente (soos byvoorbeeld kameraskote, stilfoto’s en grafika) met verbale elemente (woorde, dialoog en taal) kombineer om ʼn sekere boodskap aan die leser oor te dra.
5 Mar 2024 13 min

Soutwater

Soutwater is ’n oplossing van sout en water, of water wat in die natuur voorkom en wat ’n hoë konsentrasie sout het wat daarin opgelos is.
5 Mar 2024 7 min

Selfbeeld

Selfbeeld is grootliks gegrond op uiterlike eienskappe, soos lengte, gewig, vel- en haarkleur. Ander faktore wat ’n invloed op ’n persoon se selfbeeld kan hê, is hoe die persoon dink ander mense hom of haar ervaar (of sien).
5 Mar 2024 12 min

Sedimentêre gesteentes

Het jy al opgelet dat alle klippe verskil, nie net wat grootte en vorm betref nie, maar ook kleur en samestelling? Klippe (’n mens kan dit ook rotse of gesteentes noem) verskil van dorp tot dorp, land tot land, kontinent tot kontinent.
5 Mar 2024 7 min

Riviere van Suid-Afrika

Riviere speel wêreldwyd ’n belangrike rol in die lewe van mense. Riviere is nie net wonderlike natuurverskynsels en mooi om na te kyk nie, maar het ook verskeie ander funksies.
5 Mar 2024 11 min

Poppekas

Die meeste van ons hou van ʼn lekker storie. Dit is boonop nog meer opwindend as daar drama, beweging en aksie saam met die stemme wat die storie vertel, is. Een so ʼn vorm van storievertelling is poppekas.
5 Mar 2024 14 min

Planete

Die aarde is ons woonplek, en soms vergeet ons dat daar benewens die aarde, son en maan – dinge wat ons baie goed ken én kan sien – ook baie ander dinge in die ruimte is wat ons dalk nie met die blote oog kan sien nie. Die bekendste ander…
5 Mar 2024 8 min

Pablo Picasso

As ʼn kind se eerste woord piz is, die verkorting van die Spaanse woord lápiz wat “potlood” beteken, is die kans baie goed dat dié persoon eendag ʼn skrywer of ʼn kunstenaar gaan wees.
5 Mar 2024 16 min

Persoonlike higiëne

Ons kom elke dag in aanraking met miljoene kieme en om te keer dat ons nie siek word of ander mense siek maak nie, moet ons mooi na ons liggame kyk.
5 Mar 2024 7 min

Oos-Kaap

Die Oos-Kaap is ewe beroemd vir strande om in die somer op te baljaar as vir bergpieke waarop ski-kampioenskappe gehou word.
5 Mar 2024 29 min
160 – 180