Kosmos 94.1 Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 Gesprekke

Kosmos 94.1 gesels gereeld met bekendes in die kollig. As jy daarop uitgemis het, luister gerus na die Kosmos Kollig gesprekke hier.
Daily Afrikaans South Africa Arts
475 Episodes
1 – 20

Walking for the Silent: Die Pad, Die Uitdagings en Die Impak

Elmero Strauss gesels met Rias Oberholzer nadat hy en François Dames hul Walking for the Silent-tog van Windhoek na Swakopmund suksesvol voltooi het. Ná ses dae en honderde kilometers deel Rias die onvergeetlike oomblikke, die uitdagings onderweg en hoe hierdie besondere inisiatief reeds 'n betekenisvolle verskil maak. Luister na 'n…
13 Jul 5AM 10 min

Jean-Louis gesels met Norton Luis oor die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis gesels met Norton Luis, mede-eienaar van Julinho Athletic FC, oor die Sokkerwêreldbeker en die impak daarvan op die ontwikkeling van sokker wêreldwyd. Hulle bespreek hoe internasionale toernooie jong spelers inspireer, die groei van Namibiese sokker, en waarom 'n sterk ontwikkelingsmodel die sleutel is tot die land se toekomstige sukses…
13 Jul 5AM 7 min

Sokkerwêreldbeker: Jean-Louis gesels met Manuel Coelho

Jean-Louis gesels met Manuel Coelho, 'n gerespekteerde figuur in Namibiese sokker. Manuel het Suidwes-Afrika op O/16- en O/19-vlak verteenwoordig, 18 jaar vir Ramblers gespeel en daarna vir 19 jaar as Voorsitter en 12 jaar as President van die klub gedien. As 'n "A"-lisensie gesertifiseerde afrigter met internasionale ervaring in Angola…
10 Jul 10AM 8 min

Sokkerwêreldbeker: Die Moderne Spel van Binne Af

Jean-Louis Knouwds gesels met Christopher Freygang oor die Sokkerwêreldbeker en alles wat die moderne spel so uitdagend maak. As voormalige Namibiese jeuginternasionaal en aktiewe ligaspeler deel Christopher sy unieke perspektief oor die spel, die fisiese eise wat vandag aan spelers gestel word en wat ondersteuners tydens die wêreld se grootste…
9 Jul 6AM 10 min

Peter Bridgeford oor "Conservation & Tourism: The Early Days"

Elmero Strauss gesels met Peter Bridgeford oor sy nuwe boek, Conservation & Tourism: The Early Days. As 'n ervare skrywer op die gebied van bewaring en toerisme deel hy die inspirasie agter die boek, die geskiedenis van hierdie belangrike bedrywe en waarom die lesse uit die verlede steeds vandag relevant…
9 Jul 6AM 7 min

Sokkerkoors: Micky Kaapama ontleed die Wêreldbeker

Jean-Louis gesels met Micky Kaapama, 'n Namibiese sportkommentator, uitsaaier en sokkerontleder, oor die jongste verwikkelinge by die Sokkerwêreldbeker. Met haar kundige ontleding en passie vir die spel deel sy waardevolle insigte oor die wedstryde, spelers en die stories wat die toernooi vorm. Sokkerkoors is moontlik gemaak deur Debonairs Pizza.
8 Jul 3AM 10 min

Maak Spore: Leon van Wyk se merkwaardige lewensreis

Elmero Strauss gesels met Leon van Wyk, 'n vlieënier met 'n besondere lewensverhaal. Van sy ervarings in die lugruim bo Namibië tot die uitdagings en oorwinnings wat hom gevorm het, deel Leon sy verhaal van deursettingsvermoë, lewenservaring en die spore wat 'n mens langs die pad maak.
7 Jul 7AM 8 min

Vicky Ludick oor Known – A Journey of Being Fully Known by God

Elmero Strauss gesels met Vicky Ludick oor die bekendstelling van haar nuwe boek, Known – A Journey of Being Fully Known by God. Sy deel die storie agter die boek en neem luisteraars saam op 'n persoonlike geloofsreis wat fokus op identiteit, hoop en die diep waarheid dat elke mens…
7 Jul 1AM 8 min

Sokker koors: Jean-Louis gesels met Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis Knouwds gesels met die Namibiese sokkerspeler Paulo Coelho oor die Sokkerwêreldbeker se ronde van 16, waar groot oorwinnings, skokuitslae en uitstaande individuele vertonings die gesprek oorheers, insluitend Marokko se sterk vorm, Frankryk en Engeland se oorwinnings, Brasilië se uitskakeling deur Noorweë en Haaland se opkoms, asook Afrikaanse hoop met…
6 Jul 4AM 7 min

Jean-Louis gesels met Henrique Carvalho: Die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis gesels met Henrique Carvalho oor die Sokkerwêreldbeker, internasionale wedstryde en wat dit vat om op die grootste verhoog te presteer. Hulle bespreek spanprestasie, sleutelmomente in groot wedstryde en die debat oor Messi en Ronaldo, terwyl Henrique sy eie sportdrome en toekomsvisie deel.
2 Jul 4AM 8 min

Cassia Sharpley: Mej Supranasionaal Namibië 2026 op pad na Pole

Jean-Louis gesels met Cassia Sharpley, Mej Supranasionaal Namibië 2026, voordat sy in Julie na Pole vertrek om Namibië op die internasionale verhoog te verteenwoordig. Sy deel wat hierdie geleentheid vir haar beteken, hoe sy vir die kompetisie voorberei en watter doelwitte sy vir haarself en Namibië het.
2 Jul 4AM 7 min

Jean-Louis gesels met Silas Timoteus oor die Sokkerwêreldbeker

Jean-Louis gesels met Silas Timoteus, Namibiese sokkerjoernalis, ontleder en stigter van Footy Namibia, een van die land se voorste sokkermediaplatforms. Hulle bespreek die Sokkerwêreldbeker, die gunstelinge om die toernooi te wen, die grootste praatpunte en wat ondersteuners kan verwag. Met Silas se insiggewende ontleding en uitgebreide kennis van die spel…
1 Jul 10AM 7 min

Juanita du Plessis gesels met Jean-Louis oor Hierdie Oomblik

Juanita du Plessis gesels met Jean-Louis Knouwds oor haar splinternuwe album, Hierdie Oomblik, wat nou op alle digitale platforms beskikbaar is. Sy deel die inspirasie en stories agter die liedjies, vertel meer oor haar nuwe fokuslied, "Bly In Jou Baan", en gee luisteraars 'n voorsmakie van wat hulle in die…
1 Jul 7AM 9 min

Sokkerwêreldbeker Gesprek met Russell | Ervaring van Engeland tot Namibië

Jean-Louis Knouwds gesels met Russell, 'n ervare sokkerman wie se reis van Suid-Londen se akademiesokker tot die Namibiese voetbalgemeenskap strek. Met jare se ervaring as speler, afrigter en toegewyde ondersteuner van Engelse sokker deel hy sy insigte oor die Sokkerwêreldbeker, die ontwikkeling van spelers en die spel se invloed op…
30 Jun 10AM 6 min
1 – 20