
Elke Sekonde Tel: Hoe om 'n Beroerte te Herken
Loading player...
Jean-Louis gesels met Renathe van der Merwe, koördineerder van FAST Heroes vir Namibië en Botswana, en Fabian Martens, Besturende Direkteur van OSH-Med International, oor die Angels-inisiatief se besoek aan Namibië. Hulle bespreek die FAST Heroes-program, wat skoolkinders leer om die tekens van 'n beroerte te herken en vinnig op te tree, asook ander opleidingsinisiatiewe wat daarop gemik is om beroertesorg en noodreaksie in Namibië verder te versterk.

