Ondernemingslikwidasies in SA in September met 12,3-persent afgeneem

Loading player...
Statistiek Suid-Afrika sê likwidasies van ondernemings het in September met 12,3-persent van 285 tot 250 gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Ondernemingslikwidasies het met 27 gevalle afgeneem, terwyl likwidasies van beslote korporasies met agt gedaal het. Onica Mushwana van Statistiek Suid-Afrika sê die syfers toon ook 'n daling van 17-persent in likwidasies tussen Julie en September, terwyl die eerste nege maande van 2026 'n afname van 6,6-persent getoon het vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar:
3 Nov 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Johannesburg wil afhanklikheid van private watertenkwaens verminder

Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê die stad bou geleidelik sy eie vloot watertenkers op om sy afhanklikheid van privaat kontrakteurs te verminder. Hy het die media ingelig oor die huidige watervoorsiening-situasie en pogings om dienste te herstel. Morero het gesê 20 tenkwaens wat verlede jaar aangekoop is, is…
3 Nov 2AM 1 min

Vereniging dring aan op dagga-dekriminalisering

Die Dagga- en Hennepvereniging van Namibië het sy pleidooi vir die dekriminalisering van dagga en die skrap van kriminele rekords vir geringe oortredings hernu. In ’n gesprek oor die voortgesette impak van die verbod het stigter Angela Prusa kritiek uitgespreek oor selektiewe inhegtenisnemings en streng vonnisse vir nie-gewelddadige oortredings. Sy…
3 Nov 2AM 1 min

Namibië bied Afrika-energie- en olie-en-gasberaad aan

Namibië bied die vyfde Internasionale Afrika-energie-, olie- en gasberaad in Windhoek aan, waar beleidmakers, beleggers, bedryfsleiers en navorsers byeenkom om die toekoms van die vasteland se energiesektor te bespreek. Die tweedaagse beraad, wat vandag begin het, word onder die tema “Igniting Africa's Energy and Land Governance Futures” aangebied. Die Namibië…
3 Nov 1AM 1 min

Ramaphosa prys Premier Sokkerliga se prestasies

Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het die Premier Sokkerliga geprys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse sokker en dit beskryf as die bes georganiseerde liga op die vasteland. Tydens 'n besoek aan die PSL-hoofkantoor in Johannesburg vandag, het Ramaphosa gesê sokker is steeds die sportsoort wat met 77-persent die meeste…
3 Nov 12AM 1 min

Klopper waarsku AGOA-uitsluiting kan SA duur te staan kom

Ekonoom Dawie Klopper waarsku dat Suid-Afrika se uitsluiting van die Amerikaanse AGOA-handelsooreenkoms tot groter ekonomiese onsekerheid en ernstige werksverliese kan lei. Hy sê die regering is vooraf gewaarsku dat die land se uitsluiting 'n moontlikheid is, maar het volgens hom nie voldoende op Amerikaanse voorwaardes en eise gereageer nie. Klopper…
3 Nov 12AM 1 min