Ramaphosa prys Premier Sokkerliga se prestasies

Loading player...
Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het die Premier Sokkerliga geprys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse sokker en dit beskryf as die bes georganiseerde liga op die vasteland. Tydens 'n besoek aan die PSL-hoofkantoor in Johannesburg vandag, het Ramaphosa gesê sokker is steeds die sportsoort wat met 77-persent die meeste ondersteuning in die land geniet , en dit bring vreugde aan miljoene mense. Hy het ook die PSL geloof vir sy gewilde derby, wat as handelsmerk geregistreer is. Die President het sokkerondersteuners aangemoedig om aan die komende plaaslike regeringsverkiesings deel te neem:
3 Nov 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ondernemingslikwidasies in SA in September met 12,3-persent afgeneem

Statistiek Suid-Afrika sê likwidasies van ondernemings het in September met 12,3-persent van 285 tot 250 gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Ondernemingslikwidasies het met 27 gevalle afgeneem, terwyl likwidasies van beslote korporasies met agt gedaal het. Onica Mushwana van Statistiek Suid-Afrika sê die syfers toon ook 'n daling van…
3 Nov 1AM 1 min

Namibië bied Afrika-energie- en olie-en-gasberaad aan

Namibië bied die vyfde Internasionale Afrika-energie-, olie- en gasberaad in Windhoek aan, waar beleidmakers, beleggers, bedryfsleiers en navorsers byeenkom om die toekoms van die vasteland se energiesektor te bespreek. Die tweedaagse beraad, wat vandag begin het, word onder die tema “Igniting Africa's Energy and Land Governance Futures” aangebied. Die Namibië…
3 Nov 1AM 1 min

Klopper waarsku AGOA-uitsluiting kan SA duur te staan kom

Ekonoom Dawie Klopper waarsku dat Suid-Afrika se uitsluiting van die Amerikaanse AGOA-handelsooreenkoms tot groter ekonomiese onsekerheid en ernstige werksverliese kan lei. Hy sê die regering is vooraf gewaarsku dat die land se uitsluiting 'n moontlikheid is, maar het volgens hom nie voldoende op Amerikaanse voorwaardes en eise gereageer nie. Klopper…
3 Nov 12AM 1 min

Baby Warriors baat by internasionale blootstelling in Azerbeidjan

Die hoofafrigter van die Baby Warriors, Woody Jacobs, sê die span se deelname aan die FIFA Onder-15 Wêreldbeker en -fees in Azerbeidjan het waardevolle internasionale blootstelling gebied. Hy sê wedstryde teen sterk internasionale spanne het die jong spelers aan verskillende sokkerkulture blootgestel en terselfdertyd 'n beter aanduiding gegee van waar…
2 Nov 11PM 1 min

Mans aangemoedig om tydens Movember vir prostaatkanker te laat toets

Movember is hier, en mans word aangemoedig om beheer oor hul gesondheid te neem deur gereelde sifting vir prostaatkanker te ondergaan. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, sê sowat 440 gevalle van prostaatkanker word jaarliks plaaslik gediagnoseer. Dit maak dit die derde mees gediagnoseerde kanker in die…
2 Nov 11PM 1 min