
Klopper waarsku AGOA-uitsluiting kan SA duur te staan kom
Loading player...
Ekonoom Dawie Klopper waarsku dat Suid-Afrika se uitsluiting van die Amerikaanse AGOA-handelsooreenkoms tot groter ekonomiese onsekerheid en ernstige werksverliese kan lei. Hy sê die regering is vooraf gewaarsku dat die land se uitsluiting 'n moontlikheid is, maar het volgens hom nie voldoende op Amerikaanse voorwaardes en eise gereageer nie. Klopper kritiseer die regering omdat hy die gevolge van die besluit volgens hom probeer afmaak as onbeduidend. Hy sê boere en sakeleiers kan veral deur die onsekerheid geraak word. Hy voeg by dat die rand relatief min op die aankondiging gereageer het, moontlik omdat die mark reeds 'n deel van die impak verwag het.

