
Stad Windhoek ontken begunstiging met sandmynpermitte
Loading player...
Die Stad Windhoek het bewerings van begunstiging met die toestaan van sandmynpermitte ontken en sê bedrywighede is gestaak omdat die betrokke ondernemings nie oor die vereiste wetlike en omgewingsgoedkeurings beskik het nie. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya sê permitte is beskikbaar vir enigiemand wat aan die vereiste standaarde voldoen. Die munisipaliteit verskaf leiding aan belanghebbendes en versterk toesig om die proses te stroomlyn. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

