
IPC vra strenger vuurwapenbeheer om geslagsgeweld te voorkom
Loading player...
IPC-LP Lilian Lutuhezi sê Namibië moet vuurwapenlisensiëringsprosedures hersien om geslagsgebaseerde geweld en moord, veral tussen paartjies in intieme verhoudings, te help voorkom. Sy verwys na meer as 17 000 gevalle van geslagsgebaseerde geweld tussen 2020 en 2023 en stel strenger agtergrondkontroles, deurlopende risikobeoordelings en die tydelike verwydering van vuurwapens voor in gevalle waar daar ’n geloofwaardige risiko van geweld bestaan.

