
Dringende hulp gevra vir boere ná verwoestende veldbrande
Loading player...
Boere in die Otjiwarongo- en Outjo-omgewings sukkel met die gevolge van verwoestende veldbrande, wat weivelde vernietig het en boere noodsaak om hul vee bykomend te voer. Droogtehulp Namibië doen ’n beroep op dringende skenkings om boere te help om hul diere te voer en hul lewensbestaan te beskerm. Die organisasie se Henriëtte Le Grange het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

