Verskeie gebiede in Tshwane kry dalk waterbeperkings weens druk op stelsel  

Loading player...
Die Stad Tshwane sê hy gaan voort met waterbeperkings, Met hoë verbruik wat druk op die stelsel plaas. Hoewel sommige reservoirs 'n effense verbetering getoon het, bly ander steeds laag of leeg. Gebiede soos Ga-Rankuwa, Louwlardia, Winterveld, Mooikloof en Queenswood bly onder druk, terwyl ander gebiede ook moontlik beperkings sal kry, indien inwoners nie hul waterverbruik verminder nie. Selby Bokaba van die stad doen 'n beroep op inwoners om water te spaar ten einde die voorsieningstelsel te help bestendig: 
29 Oct 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kaapstadse burgemeester vra taxileiers om te help om geweld te beëindig 

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, het 'n vlaag taxi-verwante skietvoorvalle wat sedert gister in Delft, Khayelitsha, Mfuleni en Gugulethu voorgekom het, veroordeel. Die Metro-polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens het op verskeie voorvalle gereageer. Die Stad doen ook 'n beroep op enigiemand met inligting oor die skietvoorvalle om dit anoniem…
29 Oct 3AM 1 min

NamPol vra hulp om jeugmisdaad hok te slaan  

NamPol se Zambezi-streekbevelvoerder, kommissaris Julia Sakuwa-Neo, sê wetstoepassing alleen kan nie jeugmisdaad in Katima Mulilo stop nie. Met verwysing na ’n toename in bendegeweld en rooftogte in brandpunte soos Choto en Cowboy, sê sy aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar nie genoeg personeel is om elke straathoek te patrolleer nie…
29 Oct 3AM 1 min

Werke-ministerie en NSI span kragte saam om plaaslike vervaardiging te bevorder 

Die Ministerie van Werke en Vervoer en die Namibiese Standaarde-instelling, NSI, het ’n ooreenkoms onderteken om plaaslike vervaardiging te versterk en Namibiese produkte te bevorder. Die samewerking sal plaaslike vervaardigers en klein ondernemings help om produkte te lewer wat aan nasionale en internasionale veiligheids- en gehaltestandaarde voldoen. NSI se uitvoerende…
29 Oct 2AM 1 min