
BKS: Namibië moet uitvoermarkte beskerm
Loading player...
Die uitvoerende beampte van Suid-Afrika se Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), dr. Frikkie Maré, sê Namibië moet nie net op die bekamping van bek-en-klouseer fokus nie, maar ook beplan hoe hy toegang tot sy uitvoermarkte gaan herstel. Maree het op 8 en 9 Oktober saam met verteenwoordigers van die RPO, die Rooivleisbedryfsforum en Agri-ESO met die Namibiese Landbou-unie oor die uitbreking en moontlike oplossings gesels. Hy sê die verlies aan marktoegang kan langdurige ekonomiese gevolge vir Namibiese produsente en die vleisbedryf inhou.

