
Eerste Namibiese atlete vertrek na Olimpiese Jeugspele in Dakar
Loading player...
Die eerste Namibiese atlete wat aan vanjaar se Olimpiese Jeugspele in Dakar, die hoofstad van Senegal, gaan deelneem, vertrek reeds vandag. Die Spele begin Saterdag 31 Oktober en duur tot 13 November. Dit is die eerste keer dat ’n Olimpiese sportbyeenkoms op die Afrika-kontinent aangebied word. Ongeveer 2 700 jong atlete van regoor die wêreld, tussen die ouderdomme van 15 en 18 jaar, sal in 25 verskillende sportkodes meeding, insluitend deelnemers van Namibië. Anri Parker, uitvoerende beampte van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

