
Nuwe pad tussen Lüderitz en Walvisbaai kan ekonomie ontsluit
Loading player...
Logistieke-kenner John Saunderson sê die verbinding tussen Lüderitz en Walvisbaai deur 'n voorgestelde nuwe teerpad gaan nie net oor die verbetering van vervoer nie, maar ook oor die ontsluiting van die suidelike streke se ekonomiese potensiaal. Met vragvolumes wat toeneem en Lüderitz wat homself vir die olie- en gasbedryf posisioneer, kan die voorgestelde pad handel versterk, vertragings verminder en nuwe beleggingsgeleenthede skep, mits die befondsing verkry word. Saunderson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

