Ultimate.earth skenk rekenaars aan Abraham Gariseb-laerskool

Loading player...
Sewe nuwe rekenaars gaan aan leerders van die Abraham Gariseb-laerskool in Sorris Sorris groter toegang tot tegnologie en nuwe opvoedkundige geleenthede bied. Die rekenaars, met 'n waarde van ongeveer 100 000 Namibiese dollar, is deur ultimate.earth en sy Conservation Travel Foundation geskenk as deel van 'n groeiende program om leerders in van Namibië se mees afgeleë skole vir die toekoms toe te rus. Tristan Cowley, besturende direkteur van ultimate.earth:
9 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kantema: Digitale stelsels moet maatskaplike dienste verbeter en bedrog beperk

Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die ministerie is besig om maatskaplike beskermingsdienste te moderniseer deur digitale stelsels in te stel om dienslewering te verbeter. Sy het tydens die begrotingsdebat in die Nasionale Vergadering gesê die hervormings sluit die digitalisering van mediese verslae vir ongeskiktheidstoelaes en…
28 Oct 1AM 1 min

Eerste Namibiese atlete vertrek na Olimpiese Jeugspele in Dakar

Die eerste Namibiese atlete wat aan vanjaar se Olimpiese Jeugspele in Dakar, die hoofstad van Senegal, gaan deelneem, vertrek reeds vandag. Die Spele begin Saterdag 31 Oktober en duur tot 13 November. Dit is die eerste keer dat ’n Olimpiese sportbyeenkoms op die Afrika-kontinent aangebied word. Ongeveer 2 700 jong…
28 Oct 12AM 1 min

Hardapdam se waterverbruik bly hoog te midde van hitte en rekord-koringoes

Watergebruik uit die Hardapdam het vir die tweede agtereenvolgende week 2,8 miljoen kubieke meter oorskry, aansienlik hoër as normaal, om die Hardap-groenskema te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie de Klerk, voorsitter van die Hardap-boerevereniging gesels, wat sê die water gaan aan afronding van 'n verwagte rekord-koringoes, en dit…
28 Oct 12AM 1 min

N$40m is vir polisie-infrastruktuur, nie president se sekuriteit nie

Minister van Binnelandse Sake en Veiligheid, Lucia Iipumbu, sê die 40 miljoen Namibiese dollar wat aan haar ministerie tydens die hersiene mediumtermyn-begroting vir 2026/27 toegeken is, sal gebruik word om bestaande polisie-infrastruktuurprojekte te voltooi en hou nie verband met die verbetering van die president se sekuriteit nie. Sy het die…
28 Oct 12AM 1 min

BKS: Namibië moet uitvoermarkte beskerm

Die uitvoerende beampte van Suid-Afrika se Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), dr. Frikkie Maré, sê Namibië moet nie net op die bekamping van bek-en-klouseer fokus nie, maar ook beplan hoe hy toegang tot sy uitvoermarkte gaan herstel. Maree het op 8 en 9 Oktober saam met verteenwoordigers van die RPO, die Rooivleisbedryfsforum en…
28 Oct 12AM 1 min