Land is duur om te besoek: Gasvryheidsvereniging

Loading player...
Augustus bly 'n sterk maand vir die gasvryheidsektor, met 'n nasionale kamerbesettingsyfer van 69,53 persent vanjaar, maar die Gasvryheidsvereniging van Namibië is versigtig optimisties oor die laaste drie maande van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzoldt, gepraat wat sê dit is bemoedigend dat internasionale lugverbindings teen middel 2026 tot 17 bestemmings toegeneem het, vergeleke met 10 in 2023. Sy waarsku egter dat Namibië 'n duur bestemming geword het.
22 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jim beweer daar is planne om NUMSA onbestendig te maak

Die metaalwerkersvakbond NUMSA se hoofsekretaris, Irvin Jim, beweer daar is pogings om die vakbond onbestendig te maak voor sy twaalfde nasionale kongres. NUMSA se sentrale komitee het Jim, president Andrew Chirwa en ander nasionale leiers van hul bevoegdhede ontneem en beskuldig dat hulle versuim het om hul pligte na te…
29 Oct 1AM 1 min

Amupanda vra vir sterker bande tussen Namibië en Brasilië

AR-leier Job Amupanda doen ’n beroep op ’n hersiening van Namibië se betrekkinge met Brasilië om ekonomiese en politieke samewerking te versterk. Hy sê die herverkiesing van Brasiliaanse president Luiz Inácio Lula da Silva bied Namibië ’n geleentheid om bande met Suid-Amerikaanse lande te verdiep, veral gegewe Brasilië se ekonomiese…
29 Oct 1AM 1 min

Huiseienaars gewaarsku oor dakonderhoud voor reënseisoen

Die reënseisoen is op pad en huiseienaars word aangemoedig om maatreëls te tref om hul wonings te beskerm. Chris Chipadza, eisebestuurder by Old Mutual Korttermynversekering, waarsku dat swak dakonderhoud tot duur waterskade kan lei, en huiseienaars moontlik sonder versekeringsdekking kan laat wanneer hulle dit die nodigste het. Hy sê voorkoming…
29 Oct 12AM 1 min

Dringende hulp gevra vir boere ná verwoestende veldbrande

Boere in die Otjiwarongo- en Outjo-omgewings sukkel met die gevolge van verwoestende veldbrande, wat weivelde vernietig het en boere noodsaak om hul vee bykomend te voer. Droogtehulp Namibië doen ’n beroep op dringende skenkings om boere te help om hul diere te voer en hul lewensbestaan te beskerm. Die organisasie…
29 Oct 12AM 1 min

Stad Windhoek ontken begunstiging met sandmynpermitte

Die Stad Windhoek het bewerings van begunstiging met die toestaan van sandmynpermitte ontken en sê bedrywighede is gestaak omdat die betrokke ondernemings nie oor die vereiste wetlike en omgewingsgoedkeurings beskik het nie. Stadswoordvoerder Lydia Amutenya sê permitte is beskikbaar vir enigiemand wat aan die vereiste standaarde voldoen. Die munisipaliteit verskaf…
29 Oct 12AM 1 min