
Maansverduistering: Kyk Vrydagoggend op
Loading player...
'n Gedeeltelike maansverduistering sal Vrydagoggend plaasvind wanneer 92,6 persent van die Maan deur die Aarde se skaduwee bedek word. Die verduistering sal vroegoggend oor Suider-Afrika sigbaar wees, met die Maan wat 'n treffende rooierige oranje kleur aanneem. Professor Pieter Meintjies, 'n Astrofisikus aan die Vrystaatse Universiteit, het die verskynsel aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

