
Meatco kondig byna 20% daling in produsentepryse aan
Loading player...
Meatco het 'n daling van byna 20 persent in produsentepryse aangekondig vir boere wat beeste vir verslagting lewer. Dit volg op die sluiting van uitvoermarkte weens die bek-en-klouseer uitbreking. Ingevolge die ooreenkoms vir die lewering van beeste, het die prys vir graad AB 5- tot 6-beeste – met 'n koue karkasgewig van 220 kilogram – gedaal van 76 Namibiese dollar na 61 dollar per kilogram, terwyl pryse vir graad C1- tot 4-beeste gedaal het van 74 dollar na 60 dollar per kilogram. Meatco se kommunikasiebeampte, Rosa Hamukuaja-Thobias, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

