
Banke moet moratorium op leningsbetalings instel: BoN
Loading player...
Boere en landbou-ondernemings wat deur bek-en-klouseer en El Niño geraak word, kan aansienlike finansiële verligting ontvang ingevolge ’n nuwe bepaling van die Bank van Namibië. Die sentrale bank se adjunkpresident, Leonie Dunn, sê BID-42 vereis dat kommersiële banke ’n moratorium van tussen een en 24 maande op leningsterugbetalings aan kwalifiserende kliënte toestaan. Sy sê dat hierdie kliënte nie as nie-betalend behandel moet word nie.

