
Helde-retoriek word oorskadu deur Lubango en Swapo se eie marteling
Loading player...
Politieke ontleder Henning Melber waarsku dat Namibië se geskiedenis onvolledig bly as gevolg van voortdurende stilte oor menseregteskendings in ballingskap. Dit kom te midde van oproepe om die oorskot van Namibiërs wat in Swapo-kampe in Lubango gesterf het te repatrieer. Melber voer aan dat nasionale versoening vereis dat alle slagoffers van onderdrukking erken word, eerder as om 'n selektiewe narratief te handhaaf. Hy praat met Kosmos 94.1 Nuus:

