Meer as 100 onopgeëiste lyke by NamPol, landswyd

Loading player...
Meer as 100 onopgeëiste liggame lê in staatslykshuise regoor die land. In Omusati is 53 liggame, gevolg deur Otjozondjupa met 14 en Khomas met 12. Die polisie het die publiek versoek om staatslykhuise te besoek vir die moontlike identifisering van vermiste familielede. Polisiewoordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoe die polisie identiteite deur middel van nasionale databasisse vasstel:
24 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bokke gaan sake regstel, sê Rassie

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om sake reg te stel na die nederlaag van 33-16 teen die All Blacks in die eerste toets in Johannesburg. Handrè Pollard keer terug op losskakel vir Saterdag se tweede toets in Kaapstad, en Cobus Reinach en Ethan Hooker is ingesluit. Siya…
25 Aug 11AM 1 min

RMB Namibië stel Ray Auala Jr. as hoof van globale markte aan

RMB Namibië het Rehabeam "Ray" Auala Jr. as hoof van globale markte aangestel om sy finansiële risiko- en markbestuursvermoëns te versterk. Groephoof van kommunikasie, Kirsty Watermeyer, sê dat die aanstelling reageer op die groeiende vraag na buitelandse valuta, risiko-oplossings en toegang tot kapitaalmarkte. Auala bring meer as 12 jaar ondervinding…
25 Aug 11AM 1 min

Nuwe Bestuurskomitee vir die Informele Ekonomie kry lof

Die industrialisasie-ministerie het die Nasionale Bestuurskomitee vir die Informele Ekonomie van stapel gestuur om ondersteuning vir grondvlak-ondernemings te koördineer. Met die informele sektor wat byna 60 persent van die land se BBP bydra en as 'n primêre bron van werk vir die jeug en vroue dien, beoog die nuwe liggaam…
25 Aug 10AM 1 min