Okh-polisie aangesê om hulle sokkies op te trek

Loading player...
Okahandja se adjunkburgemeester, Akser Aupindi, het die belangrikheid van leiers se teenwoordigheid in gemeenskappe beklemtoon, en die dorp se polisie gevra om hul sokkies op te trek en te verseker dat die gemeenskap terugvoer kry oor sake. Dit moet gebeur selfs in gevalle waar ondersoekbesonderhede nie volledig bekend gemaak kan word nie. Dit volg op 'n polisie-optrede in die dorp waarby die burgemeester, Ileni Mutumbulwa, afwesig was. Inwoners sê dit wys dat sy nie die gemeenskap se kommer en hartseer oor sekere kwessies deel nie. Dit sluit in die drie meisies wat meer as 'n jaar gelede in die dorp vermoor is en die onlangse saak van Da Silva Gowases wat deur 'n kroegeienaar met 'n panga aangeval is. Aupindi praat met Kosmos 94.1 Nuus:
19 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dolly Parton 'was deel van almal se lewens'

Die legendariese countrymusiek-sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Dolly Parton, is op 80-jarige ouderdom na 'n kort stryd met kanker oorlede. In 'n loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het sy meer as 3 000 liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate wêreldwyd verkoop. Sy sal onthou word vir haar liedjies…
26 Aug 12AM 1 min

Bokke gaan sake regstel, sê Rassie

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om sake reg te stel na die nederlaag van 33-16 teen die All Blacks in die eerste toets in Johannesburg. Handrè Pollard keer terug op losskakel vir Saterdag se tweede toets in Kaapstad, en Cobus Reinach en Ethan Hooker is ingesluit. Siya…
25 Aug 11AM 1 min

RMB Namibië stel Ray Auala Jr. as hoof van globale markte aan

RMB Namibië het Rehabeam "Ray" Auala Jr. as hoof van globale markte aangestel om sy finansiële risiko- en markbestuursvermoëns te versterk. Groephoof van kommunikasie, Kirsty Watermeyer, sê dat die aanstelling reageer op die groeiende vraag na buitelandse valuta, risiko-oplossings en toegang tot kapitaalmarkte. Auala bring meer as 12 jaar ondervinding…
25 Aug 11AM 1 min