Okh-inwoners eis beter kommunikasie van polisie

Loading player...
Jane Lausie, voorsitter van die "Stop the Violence"-groep in Okahandja, beklemtoon dat inwoners deursigtigheid, gereelde opdaterings en die versekering nodig het dat hoëprofielsake steeds 'n prioriteit is, en dat die polisie alles in hul vermoë doen om misdade op te los. Dit volg op 'n beroep wat sy onlangs tydens 'n gemeenskapsvergadering met die dorp se polisie gedoen het. Sy het daarop aangedring dat sake rakende drie meisies wat verlede jaar tussen April en Mei in die dorp verkrag en vermoor is, as 'n dringende prioriteit hanteer word, met duidelike tydskedules en gereelde terugvoer aan die publiek. Sy praat met Kosmos 94.1 Nuus:
19 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dolly Parton 'was deel van almal se lewens'

Die legendariese countrymusiek-sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Dolly Parton, is op 80-jarige ouderdom na 'n kort stryd met kanker oorlede. In 'n loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het sy meer as 3 000 liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate wêreldwyd verkoop. Sy sal onthou word vir haar liedjies…
26 Aug 12AM 1 min

Bokke gaan sake regstel, sê Rassie

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om sake reg te stel na die nederlaag van 33-16 teen die All Blacks in die eerste toets in Johannesburg. Handrè Pollard keer terug op losskakel vir Saterdag se tweede toets in Kaapstad, en Cobus Reinach en Ethan Hooker is ingesluit. Siya…
25 Aug 11AM 1 min

RMB Namibië stel Ray Auala Jr. as hoof van globale markte aan

RMB Namibië het Rehabeam "Ray" Auala Jr. as hoof van globale markte aangestel om sy finansiële risiko- en markbestuursvermoëns te versterk. Groephoof van kommunikasie, Kirsty Watermeyer, sê dat die aanstelling reageer op die groeiende vraag na buitelandse valuta, risiko-oplossings en toegang tot kapitaalmarkte. Auala bring meer as 12 jaar ondervinding…
25 Aug 11AM 1 min