Ouers los baba in shebeen: Meer maatskaplike werkers nodig

Loading player...
Reaksie word ontvang op die inhegtenisneming van 'n 34-jarige vrou van Mariental op aanklagte van kinderverwaarlosing, terwyl die polisie steeds na haar lewensmaat soek. Die paartjie het na bewering hul vier maande oue baba Donderdag na 'n bakleiery by 'n shebeen gelos, terwyl hul ander kind ook uit hul sorg verwyder is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê voormalige kinderadvokaat en nou hoof van die Ombudsman se Kantoor, Ingrid Husselmann, dat die saak die talle ongerapporteerde gevalle van kinderverwaarlosing en -mishandeling beklemtoon, asook die dringende behoefte aan meer maatskaplike werkers in gemeenskappe.
18 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dolly Parton 'was deel van almal se lewens'

Die legendariese countrymusiek-sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Dolly Parton, is op 80-jarige ouderdom na 'n kort stryd met kanker oorlede. In 'n loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het sy meer as 3 000 liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate wêreldwyd verkoop. Sy sal onthou word vir haar liedjies…
26 Aug 12AM 1 min

Bokke gaan sake regstel, sê Rassie

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om sake reg te stel na die nederlaag van 33-16 teen die All Blacks in die eerste toets in Johannesburg. Handrè Pollard keer terug op losskakel vir Saterdag se tweede toets in Kaapstad, en Cobus Reinach en Ethan Hooker is ingesluit. Siya…
25 Aug 11AM 1 min

RMB Namibië stel Ray Auala Jr. as hoof van globale markte aan

RMB Namibië het Rehabeam "Ray" Auala Jr. as hoof van globale markte aangestel om sy finansiële risiko- en markbestuursvermoëns te versterk. Groephoof van kommunikasie, Kirsty Watermeyer, sê dat die aanstelling reageer op die groeiende vraag na buitelandse valuta, risiko-oplossings en toegang tot kapitaalmarkte. Auala bring meer as 12 jaar ondervinding…
25 Aug 11AM 1 min