Handel in renosterhoring is al wat eienaars sal help om diere te beveilig

Loading player...
Met die nuus dat 18 renosters tot dusver vanjaar gestroop is, kom die nuus dat stropery toeneem op plase rondom Etosha Nasionale Park met stropers wat naweek op naweek die plase betree om te stroop. Vyf renosters is die afgelope paar maande so dood. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van Horn.nam, Jaco Muller gepraat. Hy doen weer 'n beroep vir die wettiging van handel in renosterhoring vir eienaars om die diere te kan beveilig. Hy sê tans trek net stropers voordeel uit die kommoditeit.
18 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dolly Parton 'was deel van almal se lewens'

Die legendariese countrymusiek-sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Dolly Parton, is op 80-jarige ouderdom na 'n kort stryd met kanker oorlede. In 'n loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het sy meer as 3 000 liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate wêreldwyd verkoop. Sy sal onthou word vir haar liedjies…
26 Aug 12AM 1 min

Bokke gaan sake regstel, sê Rassie

Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle is vasbeslote om sake reg te stel na die nederlaag van 33-16 teen die All Blacks in die eerste toets in Johannesburg. Handrè Pollard keer terug op losskakel vir Saterdag se tweede toets in Kaapstad, en Cobus Reinach en Ethan Hooker is ingesluit. Siya…
25 Aug 11AM 1 min

RMB Namibië stel Ray Auala Jr. as hoof van globale markte aan

RMB Namibië het Rehabeam "Ray" Auala Jr. as hoof van globale markte aangestel om sy finansiële risiko- en markbestuursvermoëns te versterk. Groephoof van kommunikasie, Kirsty Watermeyer, sê dat die aanstelling reageer op die groeiende vraag na buitelandse valuta, risiko-oplossings en toegang tot kapitaalmarkte. Auala bring meer as 12 jaar ondervinding…
25 Aug 11AM 1 min