Rassie sê hulle weet hoe die All Blacks wil speel

Loading player...
Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hulle verstaan maar alte goed hoe die All Blacks wil speel. Op hierdie stadium is daar kommer oor slegs twee beserings in die groep, met kaptein Siya Kolisi en stut Ox Nche wat dalk Saterdag se eerste toets op Ellispark kan misloop. Erasmus verwerp bewerings uit Nieu-Seeland dat die Bokke die spel verlangsaam. Hy sê hulle vind altyd ʼn balans wanneer wedstryde regtig moeilik raak:
18 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Afrika-leiers steun dialoog oor migrasie, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika bly verbind tot die beginsels van Pan-Afrikanisme en verwerp xenofobie en diskriminasie teen buitelandse burgers. Ramaphosa het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en sê die regering voer gesprek met leiers van verskeie Afrika-lande oor migrasie-uitdagings, wat deur verskeie regerings begryp en ondersteun word. Hy…
26 Aug 1AM 1 min

Alledaagse gemeenskap-helde 'moet ook gevier word'

Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb vra vir breër erkenning van alledaagse gemeenskapskampioene, saam met Namibië se historiese bevrydingsikone. Gariseb beklemtoon dat hoewel die verering van gevalle strydhelde noodsaaklik is, gelyke erkenning moet gaan aan plaaslike figure soos onderwysers, kerkleiers, ouderlinge en aktiviste wat daagliks werk om lewensomstandighede te verbeter. Hy spoor Namibiërs…
26 Aug 1AM 1 min

Dolly Parton 'was deel van almal se lewens'

Die legendariese countrymusiek-sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Dolly Parton, is op 80-jarige ouderdom na 'n kort stryd met kanker oorlede. In 'n loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het sy meer as 3 000 liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate wêreldwyd verkoop. Sy sal onthou word vir haar liedjies…
26 Aug 12AM 1 min