'Cat' Matlala ontken hy het oud-polisiegeneraal gunste gevra

Loading player...
Die sakeman Vusimuzi "Cat" Matlala het bevestig hy ken die voormalige polisie-generaal Kgomotso Phahlane, maar het hom nooit gunste gevra of enige vergoeding aangebied nie. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig hy het hom ontmoet toe hy nie meer in die polisie was nie. Matlala sê ook hy het die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, een keer ontmoet. Hy weier om dit te bespreek, want dit hou verband met die hangende Medicare24-tendersaak:
17 Aug 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Afrika-leiers steun dialoog oor migrasie, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika bly verbind tot die beginsels van Pan-Afrikanisme en verwerp xenofobie en diskriminasie teen buitelandse burgers. Ramaphosa het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en sê die regering voer gesprek met leiers van verskeie Afrika-lande oor migrasie-uitdagings, wat deur verskeie regerings begryp en ondersteun word. Hy…
26 Aug 1AM 1 min

Alledaagse gemeenskap-helde 'moet ook gevier word'

Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb vra vir breër erkenning van alledaagse gemeenskapskampioene, saam met Namibië se historiese bevrydingsikone. Gariseb beklemtoon dat hoewel die verering van gevalle strydhelde noodsaaklik is, gelyke erkenning moet gaan aan plaaslike figure soos onderwysers, kerkleiers, ouderlinge en aktiviste wat daagliks werk om lewensomstandighede te verbeter. Hy spoor Namibiërs…
26 Aug 1AM 1 min

Dolly Parton 'was deel van almal se lewens'

Die legendariese countrymusiek-sangeres, liedjieskrywer en aktrise, Dolly Parton, is op 80-jarige ouderdom na 'n kort stryd met kanker oorlede. In 'n loopbaan wat oor ses dekades gestrek het, het sy meer as 3 000 liedjies geskryf en meer as 100-miljoen plate wêreldwyd verkoop. Sy sal onthou word vir haar liedjies…
26 Aug 12AM 1 min