Unicef se streeksdirekteur, Etleva Kadilli, doen ’n beroep op die regering om veilige skuilings beskikbaar te stel en die vervolging van geslagsgebaseerde geweld- en seksuele aanranding-sake te bespoedig. Tydens ’n toespraak in Khorixas, waar agt gevalle van kinderverkragting sedert 2024 aangemeld is, het Kadilli beklemtoon dat ’n kindergesentreerde regstelsel en…
Voertuig-eienaars sal in November meer by die brandstofpomp betaal, aangesien petrolpryse met twee Namibiese dollar per liter styg, terwyl beide grade diesel met drie dollar per liter duurder word. Die pryse tree komende Woensdag in werking. Energieminister Modestus Amutse sê die verhogings vind plaas ten spyte van 'n effense daling…
Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, sê die beplande Venus-konferensiekompleks met 5 000 sitplekke beklemtoon Windhoek se groeiende internasionale profiel. Sy sê egter ernstige knelpunte kan die sukses van die projek in die wiele ry. Volgens Paetzold sal dit moeilik wees om die megaprojek lewensvatbaar te…
Die Solidariteit-beweging moedig sy lede aan om Woensdag hul demokratiese reg uit te oefen deur te stem in die munisipale verkiesing. Voorsitter Flip Buys sê dit bly 'n belangrike manier om verandering teweeg te bring. Hy sê gemeenskappe waarin meer mense stem, het 'n groter invloed op hul munisipaliteite se…
Die Kavango-Oos goewerner, Julius Hambyuka, spoor streekleiers aan om van beplanning na aksie oor te gaan om dienslewering te verbeter. Hy het tydens die opening van die negende kongres van die Vereniging van Streeksrade in Rundu gepraat. Hambyuka sê dat burgers regeringsprestasie beoordeel op grond van tasbare verbeterings, soos beter…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.