
Gebruik stembusse vir verandering: Solidariteit
Loading player...
Die Solidariteit-beweging moedig sy lede aan om Woensdag hul demokratiese reg uit te oefen deur te stem in die munisipale verkiesing. Voorsitter Flip Buys sê dit bly 'n belangrike manier om verandering teweeg te bring. Hy sê gemeenskappe waarin meer mense stem, het 'n groter invloed op hul munisipaliteite se politieke rigting. Buys sê die gemiddelde stempersentasie in 'n munisipale verkiesing is onder 50-persent en groter deelname kan 'n gemeenskap se stem swaarder laat weeg:

