
'Lugroetes tans te min' om nuwe konferensiekompleks te voer
Loading player...
Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, sê die beplande Venus-konferensiekompleks met 5 000 sitplekke beklemtoon Windhoek se groeiende internasionale profiel. Sy sê egter ernstige knelpunte kan die sukses van die projek in die wiele ry. Volgens Paetzold sal dit moeilik wees om die megaprojek lewensvatbaar te hou tensy internasionale lugroetes uitgebrei word en Windhoek se beperkte watervoorsiening aangespreek word. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

