Diesel behoort te daal, BoN het te vinnig koers verhoog - ekonoom

Loading player...
Die wêreldwye oliemark toon tekens van stabiliteit, met Brent-ru-oliepryse wat verder gedaal het tot onder 78 Amerikaanse dollar per vat na die ondertekening van 'n tussentydse vredesooreenkoms tussen die Verenigde State en Iran. Plaaslik sê kenners dat die ontwikkeling 'n mate van verligting vir verbruikers kan bring. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus se medestigter, Romé Mostert, gesels, wat sê die laer olieprys, tesame met die voortgesette sterkte van die Suid-Afrikaanse rand, is goeie aanwysers vir 'n verlaging van diesel.
18 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAPD is gereed vir 39 Junie - Cachalia

Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê hy vertrou die polisie is operasioneel voorbereid is om die wet te handhaaf en af te dwing met die beplande optogte teen buitelandse burgers op 30 Junie. Die minister se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê hoewel die grondwetlike reg op vreedsame protes gerespekteer…
21 Jun 4AM 1 min

Verslag kyk na impak van Huwelikswet op LGBT-gemeenskap

'n Nuwe verslag het uitgelig hoe wetgewing soos die Huwelikswet van 2024 steeds vordering met LGBT-regte in Namibië vertraag. Abigail Solomons, die outeur van die IPPR-gepubliseerde verslag, “Not Yet Uhuru – Gender and LGBT Rights in Namibia: Opportunities, Gaps and Challenges”, sê die regsgemeenskap en die burgerlike samelewing moet saamwerk…
21 Jun 3AM 1 min

Jeug moet opstaan, 70% nie geregistreer nie

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê jongmense moet nie opsy staan en toekyk hoe volwassenes besluite neem wat hulle in die toekoms sal raak nie. Die Verkiesingskommissie het aangekondig dat meer as 70-persent van Suid-Afrikaners tussen 18- en 19- jaar-oud nie geregistreer is om te stem nie, alhoewel hulle stemgeregtig is…
21 Jun 2AM 1 min

Leinster het Bulle vir elke fout gestraf - Ackerman

Die Bulle se afrigter Johan Ackerman het erken Leinster was die beter span in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap in Dublin, nadat die Pretoria-span Vrydagaand met 36–7 verloor het. Leinster het deurgaans teen 'n vinnige pas gespeel en met volgehoue druk reeds binne die eerste 27 minute drie drieë…
21 Jun 2AM 1 min

Streeksregerings misluk, daarom die migrasie-krisis in SA

Die Forum for South Africa sê die voortdurende migrasiekrisis in Suid-Afrika, is nie toevallig nie, maar die regstreekse gevolg van mislukte leierskap oor dele van die vasteland. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê regerings in lande soos Zimbabwe, Malawi en ander het te lank hul eie mense in die steek…
21 Jun 1AM 1 min