Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het die Premier Sokkerliga geprys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse sokker en dit beskryf as die bes georganiseerde liga op die vasteland. Tydens 'n besoek aan die PSL-hoofkantoor in Johannesburg vandag, het Ramaphosa gesê sokker is steeds die sportsoort wat met 77-persent die meeste…
Ekonoom Dawie Klopper waarsku dat Suid-Afrika se uitsluiting van die Amerikaanse AGOA-handelsooreenkoms tot groter ekonomiese onsekerheid en ernstige werksverliese kan lei. Hy sê die regering is vooraf gewaarsku dat die land se uitsluiting 'n moontlikheid is, maar het volgens hom nie voldoende op Amerikaanse voorwaardes en eise gereageer nie. Klopper…
Die hoofafrigter van die Baby Warriors, Woody Jacobs, sê die span se deelname aan die FIFA Onder-15 Wêreldbeker en -fees in Azerbeidjan het waardevolle internasionale blootstelling gebied. Hy sê wedstryde teen sterk internasionale spanne het die jong spelers aan verskillende sokkerkulture blootgestel en terselfdertyd 'n beter aanduiding gegee van waar…
Movember is hier, en mans word aangemoedig om beheer oor hul gesondheid te neem deur gereelde sifting vir prostaatkanker te ondergaan. Rolf Hansen, uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië, sê sowat 440 gevalle van prostaatkanker word jaarliks plaaslik gediagnoseer. Dit maak dit die derde mees gediagnoseerde kanker in die…
Die DA sê Suid-Afrika se uitsluiting as bevoordeelde van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika kon vermy word en is totaal onnodig in die konteks van gesonde ekonomiese diplomasie en onderhandeling. Die Amerikaanse handelsverteenwoordiger se kantoor het bevind die regering se praktyke is strydig met die vereistes om…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.