Namibiese media-omgewing val terug op barometer

Loading player...
Die 2026 African Media Barometer-verslag het 'n afname in Namibië se media-omgewingtelling van 3,1 in 2022 tot 2,8 in 2026 aan die lig gebring. Die verslag, wat deur die Namibia Media Trust en vennote bekendgestel is, dui aan dat hoewel wetlike raamwerke grondwetlik veilig bly, kritieke leemtes voortduur, insluitend die nie-inwerkingtreding van die Wet op Toegang tot Inligting. Uitvoerende direkteur van die trust, Zoé Titus, sê die barometer gebruik assesseringskriteria wat uit die Afrika-menseregte-raamwerk geneem is.
5 Jun 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min