Mediavakbond eis sterker beskerming vir joernaliste

Loading player...
Die Namibia Media Professionals Union doen 'n beroep op regerings om maatreëls te versterk om joernaliste te beskerm en te verseker dat misdade teen mediawerkers nie ongestraf bly nie. Die oproep kom tydens die herdenking van die Internasionale Dag vir die Beëindiging van Straffeloosheid vir Misdade teen Joernaliste. Die vakbond se sekretaris-generaal, Jemima Beukes, sê joernaliste moet hul werk sonder vrees vir intimidasie, teistering of geweld kan doen. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
3 Nov 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Learjet 60 het moontlik reeds voor impak opgebreek

Amerika se Nasionale Vervoer-veiligheidsraad sê daar is bewyse dat die vliegtuig wat Sondag in Florida neergestort het, moontlik in die lug al begin opbreek het voor dit neergestort en ontplof het. Nege mense aan boord van die Learjet 60, wat van Austin, Texas, na die Bahamas op pad was, is…
3 Nov 4AM 1 min

Zambiese LP moedig jong Namibiërs aan om hul toekoms te bepaal

Die Zambiese parlementslid Fingani Mbulo het afgevaardigdes by die onlangse Jeug in Politiek-beraad in Windhoek aangemoedig om verantwoordelikheid te neem vir die vorming van hul eie toekoms. Hy sê hoewel jongmense meer as 70 persent van Namibië se bevolking uitmaak, bly hulle onderverteenwoordig in politieke besluitneming.
3 Nov 4AM 1 min

Wes-Kaapse taxiverenigings verbind tot einde aan dodelike geweld 

Die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad het ondernemings deur die taxi-verenigings CATA en CODETA verwelkom om geweld in die minibustaxi-bedryf te beëindig. Geweld rondom betwiste roetes in Delft, Langa en Epping, het verlede week 12 lewens geëis ná groeiende spanning die afgelope maand tussen die mededingende verenigings. Die LUR…
3 Nov 3AM 1 min

Johannesburg wil afhanklikheid van private watertenkwaens verminder

Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê die stad bou geleidelik sy eie vloot watertenkers op om sy afhanklikheid van privaat kontrakteurs te verminder. Hy het die media ingelig oor die huidige watervoorsiening-situasie en pogings om dienste te herstel. Morero het gesê 20 tenkwaens wat verlede jaar aangekoop is, is…
3 Nov 2AM 1 min