
Wes-Kaapse taxiverenigings verbind tot einde aan dodelike geweld
Loading player...
Die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad het ondernemings deur die taxi-verenigings CATA en CODETA verwelkom om geweld in die minibustaxi-bedryf te beëindig. Geweld rondom betwiste roetes in Delft, Langa en Epping, het verlede week 12 lewens geëis ná groeiende spanning die afgelope maand tussen die mededingende verenigings. Die LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê albei verenigings het ingestem om deel te neem aan 'n proses waartydens onafhanklike fasiliteerders sal help om kwessies in die bedryf te bespreek en op te los:

