Tommy Fleetwood deel eerste plek met drie by Muirfield

Loading player...
Tommy Fleetwood van Engeland is op vyf onder 67 deel van vier voorlopers na die eerste ronde van die PGA-gedenktoernooi in Ohio. Die ander is die Amerikaners, Wyndham Clark, JJ Spaun en Ryan Gerard. Die Kanadees, Nick Taylor, is een hou agter die vier voorlopers. Die heersende tweemalige kampioen, die Amerikaner Scottie Scheffler, het sy rondte afgesluit met een hou oor, terwyl Rory McIlroy van Noord-Ierland met een onder 71 geopen het. Fleetwood sê die baan by Muirfield Village is die grootste toets:
5 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min