Rook in swangerskap verbind met tiener-hoë bloeddruk, hartprobleme

Loading player...
Navorsing deur die Universiteit van die Wes-Kaap het bevind kinders wat in die baarmoeder aan sigaretrook blootgestel word, loop ʼn groter gevaar om tydens hul tienerjare hoë bloeddruk te ontwikkel. Die studie het 307 kinders van tussen 10- en 14-jaar van Bishop Lavis, Kaapstad, betrek. Daar is gekyk hoe rook en alkoholgebruik tydens swangerskap kinders se gesondheid later jare beïnvloed. Navorser Tammy Ras sê liggaamsgewig speel ook ʼn groot rol:
4 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Wes-Kaapse taxiverenigings verbind tot einde aan dodelike geweld 

Die Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad het ondernemings deur die taxi-verenigings CATA en CODETA verwelkom om geweld in die minibustaxi-bedryf te beëindig. Geweld rondom betwiste roetes in Delft, Langa en Epping, het verlede week 12 lewens geëis ná groeiende spanning die afgelope maand tussen die mededingende verenigings. Die LUR…
3 Nov 3AM 1 min

Mediavakbond eis sterker beskerming vir joernaliste

Die Namibia Media Professionals Union doen 'n beroep op regerings om maatreëls te versterk om joernaliste te beskerm en te verseker dat misdade teen mediawerkers nie ongestraf bly nie. Die oproep kom tydens die herdenking van die Internasionale Dag vir die Beëindiging van Straffeloosheid vir Misdade teen Joernaliste. Die vakbond…
3 Nov 3AM 1 min

Johannesburg wil afhanklikheid van private watertenkwaens verminder

Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê die stad bou geleidelik sy eie vloot watertenkers op om sy afhanklikheid van privaat kontrakteurs te verminder. Hy het die media ingelig oor die huidige watervoorsiening-situasie en pogings om dienste te herstel. Morero het gesê 20 tenkwaens wat verlede jaar aangekoop is, is…
3 Nov 2AM 1 min

Vereniging dring aan op dagga-dekriminalisering

Die Dagga- en Hennepvereniging van Namibië het sy pleidooi vir die dekriminalisering van dagga en die skrap van kriminele rekords vir geringe oortredings hernu. In ’n gesprek oor die voortgesette impak van die verbod het stigter Angela Prusa kritiek uitgespreek oor selektiewe inhegtenisnemings en streng vonnisse vir nie-gewelddadige oortredings. Sy…
3 Nov 2AM 1 min