ActionSA verwelkom klagtes teen Letsoalo

Loading player...
ActionSA verwelkom die besluit van die Parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge om strafregtelike klagtes teen die voormalige uitvoerende hoof van die Padongelukkefonds, Collins Letsoalo, in te dien, omdat hy geweier het om voor die komitee te verskyn. Alan Beesley van die party sê die stap bevestig geen openbare amptenaar is bo die wet verhewe nie en die Parlement se toesighoudende bevoegdhede moet gerespekteer word. Beesley het bygevoeg die Padongelukkefonds het te kampe met ernstige bestuurs- en finansiële probleme wat 'n bedreiging is vir sy vermoë om padongelukslagoffers te vergoed:
4 Jun 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min