Winde waarsku oor xenofobie in Wes-Kaap

Loading player...
Die Wes-Kaapse regering het die onlangse xenofobiese geweld en intimidasie teen buitelandse burgers sterk veroordeel. Hy glo die aanvalle is onwettig, ondermyn openbare veiligheid en bedreig ekonomiese bestendigheid. Bemiddelaars is ontplooi om spanning te verlig en om verdere onluste te voorkom. Inwoners word aangespoor om geweld te verwerp en immigrasie-kwessies deur wettige kanale aan te spreek. Premier Alan Winde sê owerhede sal ten nouste met die polisie saamwerk om te verseker dat daar vinnig teen die skuldiges opgetree word:
4 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min