Nuwe aanlynpetisie vir Starlink

Loading player...
Reinhardt Küsters, 'n inwoner van 'n afgeleë landelike gebied, ry elke dag 10 kilometer om toegang tot die internet te kry. Hy sê hierdie probleem raak duisende Namibiërs wat daagliks van onderwys, ekonomiese geleenthede en noodsaaklike dienste afgesny word. Küsters doen 'n dringende beroep op die inligtingministerie en Cran om die Starlink-aansoek goed te keur. Küsters het 'n aanlynpetisie begin vir die regering om Starlink se aansoek te heroorweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Elzanne McCulloch, besturende direkteur van Venture Media, wat die voorstel steun, gepraat.
4 Jun 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min