N$818m vir Ebola-entstof

Loading player...
Die Coalition for Epidemic Preparedness Innovations het sowat 818 miljoen Namibiese dollar aan die farmaseutiese maatskappy, Moderna, en twee ander groepe bewillig. Die doel is om vinnig ʼn entstof te ontwikkel teen die Bundibugyo-stam van die Ebola-virus, wat deur die Demokratiese Republiek die Kongo en Uganda woed. Die uitbreking het 43 sterftes veroorsaak en ongeveer 1 000 mense is vermoedelik besmet. CEPI se uitvoerende hoof, Richard Hatchett, sê met Bundibugyo wat vinnig versprei en geen gelisensieerde entstowwe nie, is elke dag in die stryd teen die dodelike siekte belangrik:
2 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min