
Trump-administrasie kan na verkiesing gestriem word
Loading player...
Miljoene Amerikaners stem vandag in die Amerikaanse middeltermynverkiesings, wat die magsbalans in die Kongres kan verander. Voormalige diplomaat Brooks Spector sê byna 60 miljoen vroeë stemme is reeds uitgebring. Hy sê 'n Demokratiese oorwinning in die Huis van Verteenwoordigers of die Senaat kan die Trump-administrasie se vermoë om wetgewing deur te voer bemoeilik, en groter beleidsuitdagings kan skep. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

