
SAFTU verwelkom beslagleggingsbevel van N$1,66-miljard teen Angelo Agrizzi
Loading player...
Die vakverbond SAFTU verwelkom die Gautengse Hooggeregshof se beslissing dat Bosasa se voormalige hoofbedryfsbeampte, Angelo Agrizzi, meer as 1,66-miljard Namibiese dollar aan die staat moet terugbetaal. Dit gaan oor korrupsie wat met die maatskappy se onwettige aktiwiteite verbind word. SAFTU-woordvoerder, Asive Dyani, sê Bosasa se bedrywighede toon hoe privaat sakebelange hul nabyheid aan staatsmag kan uitbuit om winsgewende regeringskontrakte te kry terwyl staatshulpbronne wat die samelewing moes dien, vir privaat verryking aangewend is:

