Registrasie van nie-SA voertuie wat na SA reis het begin

Loading player...
Die tydelike registrasie van nie-Suid-Afrikaanse voertuie wat van SACU-lande afkomstig is en wat daardie land binnegaan, het vandag in werking getree. Die proses word deur die Suid Afrikaanse Inkomstediens geïmplementeer. Die ses maande lange permit kan aanlyn of by die grens verkry word. Kosmos 94.1 Nuus het met Leodolf Swanepoel van die logistieke vereniging en uitvoerende hoof van FP du Toit Transport gepraat. Hy sê hierdie is fase een.
1 Jun 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump-administrasie kan na verkiesing gestriem word

Miljoene Amerikaners stem vandag in die Amerikaanse middeltermynverkiesings, wat die magsbalans in die Kongres kan verander. Voormalige diplomaat Brooks Spector sê byna 60 miljoen vroeë stemme is reeds uitgebring. Hy sê 'n Demokratiese oorwinning in die Huis van Verteenwoordigers of die Senaat kan die Trump-administrasie se vermoë om wetgewing deur…
3 Nov 7AM 1 min

Siviele eise teen polisie styg skerp, NamPol keer wal

NamPol verskerp pogings om onregmatige arrestasies en aanhoudings te bekamp, midde 'n toename in siviele eise teen die polisiemag. Die waarnemende NamPol inspekteur-generaal, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, sê 60 van die 85 siviele eise wat gedurende die 2026/2027-boekjaar aangeteken is, hou verband met beweerde onregmatige arrestasies en aanhoudings. Sy het dié…
3 Nov 7AM 1 min

Rugby: Bok-afrigter verdedig Moerat

Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die slot Salmaan Moerat verdedig teen kritiek op sosiale media en sê hy lewer ʼn waardevolle bydrae. Moerat, wat reeds elf toetse gespeel het, is Saterdag in die opdrafspan in die Nasies-kampioenskaps-kragmeting met Italië in Turyn. Die 28-jarige, wat van die Stormers na La Rochelle in…
3 Nov 6AM 1 min

SAFTU verwelkom beslagleggingsbevel van N$1,66-miljard teen Angelo Agrizzi

Die vakverbond SAFTU verwelkom die Gautengse Hooggeregshof se beslissing dat Bosasa se voormalige hoofbedryfsbeampte, Angelo Agrizzi, meer as 1,66-miljard Namibiese dollar aan die staat moet terugbetaal. Dit gaan oor korrupsie wat met die maatskappy se onwettige aktiwiteite verbind word. SAFTU-woordvoerder, Asive Dyani, sê Bosasa se bedrywighede toon hoe privaat sakebelange…
3 Nov 6AM 1 min

Namiseb beklemtoon grondwet se rol in beskerming van demokrasie

Die sekretaris van die Nasionale Raad, Tousy Namiseb, het die noodsaaklike rol van grondwetlike oppergesag en die skeiding van magte in die beskerming van Namibiese demokrasie beklemtoon. In 'n onlangse toespraak aan besoekende leerders en onderwysers van Caprivi Sekondêre Skool het Namiseb beklemtoon dat Namibië se grondwetlike demokrasie die parlementêre…
3 Nov 6AM 1 min