Bibi beveel aanvalle op Dahiyeh in Beiroet

Loading player...
Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het aanvalle op die Dahiyeh-voorstad in Beiroet beveel. Dit is 'n vesting van die Irans-gesteunde militante Hizbollah in die Libanese hoofstad. Netanyahu sê dit is weens Hizbollah se herhaalde skendings van die skietstilstand en aanvalle op Israelse stede en burgers. Israel het aanvalle op Beiroet grootliks vermy sedert die skietstilstand in April, op versoek van die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie. Die oorlog in Libanon het reeds die lewens van meer as 3 370 mense geëis. Sky News se Adam Parsons berig uit Libanon:
1 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min