Goreangab Mall vul leemte in gemeenskap

Loading player...
Die Goreangab Mall in Katutura het vandag oopgemaak en Charles Fourie, die huurdirekteur van Safland, wat die ontwikkeling gedryf het, het op die toneel met plaaslike media gepraat. Hy sê die opening van die winkelsentrum in Katutura is daarop gemik om goeie dienste nader aan die gemeenskap te bring. Fourie het meer.
29 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Moratoriums op boere se leningterugbetalings verwelkom

Landboukundige Kobus Laubscher ondersteun die Bank van Namibië se opdrag waarvolgens kommersiële banke moratoriums op leningsterugbetalings moet toestaan aan boere wat deur droogte en bek-en-klouseer geraak word. Laubscher sê dat boere met sleutelowerhede soos die Vleisraad moet saamwerk aan kontantvloeiprojeksies sodat individuele aansoeke gekonsolideer kan word om staatsondersteuning te verseker…
3 Nov 10AM 1 min

VSA wat SA uit Agoa skop kan boemerang: kenner

Die Suid-Afrikaanse politieke ontleder Christo van Rheede waarsku dat Amerika se besluit om Suid-Afrika se deelname aan Agoa op te skort, ook Amerikaanse sakebelange kan benadeel. Hy wys daarop dat meer as 600 Amerikaanse maatskappye, waaronder Ford en Microsoft, in Suid-Afrika werksaam is en dat ontwrigting van handels- en voorsieningskettings…
3 Nov 9AM 1 min

Nuwe maandelikse toelaes vir interns ingestel

Die regering het sy beleid oor internskappe hersien en verskillende maandelikse toelaes vir student- en gegradueerde-interns ingestel. Voorheen het interns in albei kategorieë 2 244 Namibiese dollar 85 sent maandeliks ontvang, maar ingevolge die nuwe beleid sal student-interns 2 692 dollar 50 sent verdien, terwyl gegradueerde-interns 3 769 dollar 50…
3 Nov 9AM 1 min

Nuwe seisoen se toelaatbare stokvis-, kreef-vangste bekend

Die Kabinet het die totale toelaatbare vangste vir stokvis en kreef vir die 2026/27-boekjaar goedgekeur. Die stokvis-seisoen open tradisioneel op 1 November. Inligtingminister Emma Theofelus het tydens 'n Kabinetsinligtingsessie vanmiddag die aankondiging gemaak:
3 Nov 9AM 1 min

Nie net BKS bedreig beesvleisbedryf: Savanna Beef-hoof

Die bek-en-klouseer uitbreking plaas toenemende finansiële druk op die beesvleisbedryf en hou 'n bedreiging in vir inkomste, werksgeleenthede en uitvoermarkte. Savanna Beef se uitvoerende hoof, Ian Collard, sê indien beperkings op die vervoer van vee en die verwerking van vleis voortduur, kan dit ernstige gevolge vir boere, vleisverwerkers en die…
3 Nov 9AM 1 min