Nama Kultuurfees 'dien as brug na jeug'

Loading player...
Die 7de Jaarlikse Nama Kultuurfees het vandag amptelik in Keetmanshoop geopen. Die fees, wat tot 31 Mei duur, vertoon die Nama-erfenis deur tradisionele danse, kookkuns, kunsuitstallings, jeugaktiwiteite en musiekoptredes. Keetmanshoop se burgemeester, Melody Swartbooi, sê vanjaar se tema, "Die Bou van 'n Verenigde Stelsel vir Kulturele Kontinuïteit," is veral belangrik in 'n tyd wanneer baie jongmense toenemend kontak met hul kulturele identiteit verloor.
29 May 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swak internet kniehalter toerisme op platteland

Die Gasvryheidsvereniging van Namibië het alarm gemaak dat agteruitgaande internet- en telekommunikasiedienste in landelike gebiede die land se toerismesektor bedreig. Onbetroubare konnektiwiteit verhoed toerismebesighede om aanlyn besprekings te verwerk en laat reisigers in afgeleë gebiede gevaarlik geïsoleerd. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die uitvoerende hoof van die…
30 May 6AM 1 min

Uraanneerslag by Leonardville massief, sê Headspring

Headspring Investment onder die Russiese maatskappy, Rosatom, het 'n pers-betrokkenheid gehou. Die direkteur van Headspring Investment, Kirill Egorov, sê dat die uraanneerslag wat hulle by Leonardville ontdek het, tot die grootste uraanproduksie in die land kan lei. Die myn wil in situ-loging gebruik om uraan te onttrek, maar wag steeds…
30 May 6AM 1 min

Sakelikwidasies in SA styg met 17%

Statistiek Suid-Afrika sê sakelikwidasies het in April toegeneem van 199 tot 233 gevalle, 'n styging van 17 persent, in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Onica Mushwana van Statistiek SA sê in die drie maande tot April het likwidasies met 8,8 persent gestyg, terwyl die eerste vier maande van hierdie…
30 May 4AM 1 min

Verklaar werkloosheid 'n noodtoestand, vra motorbedryf

Die Motorbedryfpersoneelvereniging doen 'n beroep op die regering om werkloosheid tot 'n nasionale noodtoestand te verklaar, aangesien toenemende werkloosheid armoede, woede en groeiende vyandigheid teenoor immigrante aanvuur. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging sê Suid-Afrika se werkloosheidsyfer van 32,7 persent bly onder die hoogste ter wêreld, wat veroorsaak dat miljoene mense,…
30 May 3AM 1 min

Bloedoortappingsdiens soek jóú are!

Sit ‘n bietjie naasteliefde-skop in jou Saterdagoggend en gaan skenk bloed by die Bloedoortappingsdiens van Namibië se hoofkwartier in Talstraat in die hoofstad of by mobiele opspring-klinieke in Oshakati, Swakopmund, Walvisbaai en Ondangwa. Dis vir ‘n goeie doel, sê diens se opvoedkundige beampte, Frieda Vatileni-Asino:
30 May 2AM 1 min