VSA 'verhoog druk op Iranse lugdiensnetwerk'

Loading player...
Die Amerikaanse minister van Finansies, Scott Bessent, sê die administrasie verhoog druk op Iran se lugdiensnetwerk as deel van strenger sanksies verbonde aan kernkragonderhandelinge. Amerika en Iran is volgens berigte naby aan 'n ooreenkoms wat onder meer insluit die verlenging van die skietstilstand, die heropening van die Straat van Hormuz en onderhandelinge oor Teheran se kernprogram. Bessent het gewaarsku enige maatskappy of land wat die staatsbeheerde Iranese lugdiens help funksioneer, hulself sanksies op die hals kan haal:
29 May 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min