Nog vele onopgeloste kwessies tussen VSA, Iran

Loading player...
Die Amerikaanse vise-president, JD Vance, sê Washington en Iran het goeie vordering gemaak om ʼn ooreenkoms te bereik, maar daar is nog talle kwessies wat uitgeklaar moet word. Volgens berigte sou die ooreenkoms insluit dat die skietstilstand met 60 dae verleng word, die Straat van Hormoes sou heropen en beraadslaging oor Teheran se kernprogram sou begin. Intussen beskuldig Amerika en Iran mekaar dat hulle die afgelope dae die brose skietstilstand verbreek het. Vance sê hy kan nog nie waarborg dat ʼn ooreenkoms bereik sal word nie:
29 May 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min