Behuisingsfokus moet verskuif, sê kenner

Loading player...
Ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu sê byna 70 persent van Namibiërs kan nie meer formele behuising bekostig nie, aangesien stygende eiendomspryse, beperkte gedienste grond en 'n behuisingsmark wat deur finansiële instellings oorheers word, gewone werkers steeds uitsluit van huiseienaarskap. Huispryse het die afgelope paar jaar van onder 200 000 Namibiese dollar in 2000 tot tussen 1,3 en 1,4 miljoen dollar gestyg, terwyl die gemiddelde werker 5 000 dollar of minder per maand verdien. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Kakujaha-Matundu dat die fokus van alleenstaande huise moet verskuif.
29 May 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

DA in Ekurhuleni beloof verklikker-eenheid teen korrupsie

Die DA se burgemeesterskandidaat in die Gautengse metro Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, het beloof sy sal binne haar eerste 100 dae 'n onafhanklike eenheid vir die beskerming van verklikkers stig as sy verkies word. Dit sal amptenare 'n veilige manier bied om ongerymdhede en korrupsie aan te meld sonder vrees vir…
27 Aug 11AM 1 min

NHE oorhandig 82 huise in Swakopmund

Die Nasionale Behuisingsonderneming het vandag deur die Nasionale Informele Nedersettingsopgraderingsprogram 82 voltooide huise aan lae-inkomste begunstigdes in Swakopmund oorhandig. Die onderneming se adjunkvoorsitter, Hasting Tjipueja, sê die program word oor al 14 streke uitgerol:
27 Aug 11AM 1 min

Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry

As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker…
27 Aug 10AM 1 min